Saans
Saans lê ons kwaad vir mekaar
Maar in die oggende
Bly net die koffie bitter
Swem
My morbiede gedagtes
Nou is daar soveel liefde, soveel geluk
Maar die golf wat oor ons koppe gebreek het,
Sal weer teruggetrek word in die see in
(en jy weet ek kan nie swem nie)