Ons het almal stories in baie Afrikaanse.
Ons stories gaan oor hoe ons gebore is of hoe iemand ons gehelp het in die nood. Daar’s stories oor siek wees en hoe ons verlies oorkom het. Stories oor hoe ‘n geliefde ons gekrenk het of hoe politiese of spirituele omstandighede ons amper gebreek het. Sommige van ons het ‘n afknouery beleef of ‘n ongeluk het ‘n lewe se rigting heelemal verander. Ons stories is te veel kere onsigbaar vir ander mense en beinvloed steeds hoe ons dink en voel en soms verstaan ons net glad nie.
Om te skryf oor jou eie lewe kan mens help om trauma te oorleef en tot insig te kom. Dit is ‘n impakvolle manier om te kommunikeer en om deernis vir mens jouself en ander te ontwikkel. Die gereedskap wat ons nodig het om te leer skryf, kan mens ook help om meer kreatief te dink en met minder angs saam te leef. Of jy nou fiksie of ‘n toneelstuk skryf, en of jy dig, lewenskryf vaardighede kan jou help om jou sienings te verdiep met betrekking tot menslike voorkeure, gewoontes en neigings en watter impakte hulle het op jouself, ander mense en die natuur. Gedurende die kursus sal ons inoverende aanwendings toepas om ons te help om ons persoonlike stories op papier te kry. Beginners van allerlei Afrikaanse maniere van praat is welkom. Kom skryf in jou huistaal. Nou is die tyd.
LOKAAL: Axminister Rd, Muizenberg
KOSTE: R2 800
FASILITEERDER: Dawn Garisch