Ek wou my stad se poorte
wyd oopgooi vir jou.
Jou bring na my tuin
vol lekker ruik kruie. Jou
laat drink uit my fontein
Vir jou soet wyn en
geurige appels voer
Maar jou wagte
het my gewond.
Ek wou my in die holte
van jou linkerarm vlei.
My naakte wese
onbevange toewy
aan jou, en jy het
weggedraai van my.
Ek het geroep
Maar jou wagte
het my weggedryf.
Toe het ek my stad versterk
die toegang versper met
balke van sederhout.
Op die muur ‘n toring
van suiwer silwer gebou,
met kosbare linne en sy my
binnekamer versier;
en daar, het ek
vir jou gewag.